Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 17-07-2026 (vlak 2)



vorige toets 17 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-07-2026 só ingevul:



Skielik vlieg daar 'n ........ voëls verby.
100 % (afgerond)swerm 
swerim
swerem

By sommige medeklinkerkombinasies word daar 'n vokaal uitgespreek, hoewel 'n klinker nie in die spelling voorkom nie, byvoorbeeld “wurm” en “swerm”.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.



'n Vrou of meisie met ligte hare noem ons 'n ........ .
5 % (afgerond)blondiene
92 % (afgerond)blondine 
1 % (afgerond)blond
2 % (afgerond)ligtekop

'n Blondine is 'n vrou met blonde hare. "Blond" is 'n byvoeglike naamwoord of bywoord wat iemand met ligte hare beskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.



Die krieketspan ry met 'n ........ na hul bestemming.
26 % (afgerond)Mercedes-Benztoerbus 
29 % (afgerond)Mercedes-Benz toerbus
40 % (afgerond)Mercedes Benz-toerbus
5 % (afgerond)Mercedes-Benz Toerbus

Eienaamverbindings as soortnaam of massanaamwoord waarin die eienaam as eerste lid optree, word slegs vas geskryf, met of sonder 'n koppelteken.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Wat noem ons iemand wat van Napels kom?
84 % (afgerond)Napolitaan 
3 % (afgerond)Napelser
6 % (afgerond)Napeliaan
7 % (afgerond)Napollitaan

'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties