Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-07-2026 (vlak 1)



vorige toets 14 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-07-2026 só ingevul:



Die dood van haar dogter het haar 'n kwaai knou gegee.
Wat is die woordsoort van "knou" in bostaande sin?
3 % (afgerond)bywoord
7 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
67 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
23 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “knou - die knou – knoue”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Jy moet die groente in water ........ .
2 % (afgerond)op kook
97 % (afgerond)opkook  
op-kook

Die woord "opkook" is 'n samestelling van die setsel "op-" en die werkwoord "kook". Samestellings word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die Bybel is verdeel in die ........ .
5 % (afgerond)ou Testament en nuwe Testament
8 % (afgerond)Ou testament en Nuwe testament
84 % (afgerond)Ou Testament en Nuwe Testament 
3 % (afgerond)ou testament en nuwe testament

Ingevolge reël 9.9 in die AWS word soortname wat as eiename optree met aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) geskryf. Sommige koerante verkies egter om dit met kleinletters te skryf.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.



Dieregeluide: Wolwe en jakkalse ........ .
5 % (afgerond)blaf of skreeu
94 % (afgerond)huil of tjank 
1 % (afgerond)krys
skreeu

Die woorde wat ons gebruik om dieregeluide te beskryf, is dikwels klanknabootsing van die klank wat die dier maak, (soos 'n duif wat koer) maar nie altyd nie.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties