Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-07-2026 (vlak 1)



vorige toets 02 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-07-2026 só ingevul:



Verkies jy ’n trui met ’n ........ of ’n halternek?
4 % (afgerond)V nek
3 % (afgerond)veenek
9 % (afgerond)vnek
84 % (afgerond)V-nek 

Wanneer ʼn syfer, simbool of getal met ʼn woord verbind om ʼn samestelling te vorm, word die syfer, simbool of getal met ʼn koppelteken aan die res verbind, byvoorbeeld V-nek, B-graad, C-klas.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ek neem graag ........ van die natuur.
72 % (afgerond)foto's 
28 % (afgerond)fotos

Die afkappingsteken word gebruik by meervoudsvorme wat op die vokaalletters "i", "o", "u" en 'n lang uitgespreekte "a" eindig.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Voltooi die idioom: Elke ........ is baas op sy eie werf.
13 % (afgerond)boer
65 % (afgerond)haan
22 % (afgerond)hond 
wolf

Die idioom beteken 'elkeen is 'n kenner op sy/haar eie gebied' of 'baas van sy/haar eie huis'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Een van die politieke gevangenes op Robbeneiland was ........ .
4 % (afgerond)Madiba of madiba
madiba
96 % (afgerond)Madiba 

'n Bynaam begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties