Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 11-06-2026 (vlak 3)



vorige toets 11 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-06-2026 só ingevul:



Die raad wil nie sê hoe die stelsel ........ gaan word nie.
3 % (afgerond)ge-implementeer
12 % (afgerond)geimplimenteer
8 % (afgerond)implementeer
76 % (afgerond)geïmplementeer 

By woorde wat uit meer as twee lettergrepe bestaan en op “-eer” eindig, is die “ge-“ in die verledetydsvorm verpligtend (AWS 19.4).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Ek sal die werk moet ........ om te sien of dit reg is.
21 % (afgerond)kontrolleer
79 % (afgerond)kontroleer 

Indien die basis van 'n woord eindig op 'n enkele konsonantletter, voorafgegaan deur 'n lang, beklemtoonde vokaal, word daardie konsonantletter nie in afleidings van die basisvorm verdubbel nie.
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Dis 'n volwaardige ........ wat op veiling is.
47 % (afgerond)stoet-Jersey of stoetjersey 
3 % (afgerond)stoet jersey
39 % (afgerond)Stoetjersey of stoetjersey
11 % (afgerond)stoet Jersey

In 'n eienaamverbinding wat optree as soortnaam en wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("stoet") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Jersey"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf ("stoet-Jersey"). Indien eienaamverbleking plaasgevind het, kan die twee dele ook sonder koppelteken vas geskryf word ("stoetjersey").
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Paul Kruger se huis in Pretoria is voorheen as ........ gebruik waar my ouma gebore is.
11 % (afgerond)kraamhospitaal
2 % (afgerond)kramery
1 % (afgerond)geboortehospitaal
85 % (afgerond)kraaminrigting 

Die korrekte woord vir die plek in 'n hospitaal wat spesiaal voorsiening maak vir bevallings en die versorging van pasgebore babas is 'n "kraaminrigting". Die woord "kramery" is 'n ou woord wat 'snuisterye' beteken.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties