17 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-03-2026 só ingevul:
'n Betaling van R1500,00 is van die huurder ontvang, ........ 'n eerste terugbetaling op die skade wat in die badkamer aangerig is.
synde suinde siende seinde
Die woord "synde" is die ietwat argaïese teenwoordige deelwoord van die Afrikaanse infinitief, "wees", en die Afrikaanse ekwivalent van die Engelse "being". Gebruikers verwar "synde" dikwels met "siende".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
My boetie het ........ om Sondag saam met my ma kerk toe te gaan.
ge-aanbied geaanbied aanbied aangebied
Deelwerkwoorde soos "aanbied", kry ook "ge-" in die verledetydvorm, maar dit verskyn tussen die voorsetsel en die werkwoord.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Iemand wat akteurs of toneelspelers afrig vir ʼn film of toneelstuk noem ons 'n ........ .
regiseur direkteur vervaardiger regisseur
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “regisseur”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Indo-Europese tale word op grond van sekere klankverskille verdeel tussen sogenaamde satem- en ........ .
slegs kentumtale centumtale of kentumtale slegs centumtale slegs centrumtale
Woorde van vreemde oorsprong het soms twee moontlike spellings: die "vreemde" (oorspronklike) spelvorm, en die verafrikaanste spelvorm. Hierdie twee spelvorme word dan as wisselvorme van mekaar beskou. "Centum-" en "kentumtale" is 'n voorbeeld van wisselvorme. (Verwysing: http://af.wikipedia.org/wiki/Kentum-tale)
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)