16 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-03-2026 só ingevul:
Susan speel graag Saterdae ........ .
tenes tenis tennes tennis
’n Konsonant wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Peter het al baie terugslae in sy lewe ........ , maar dit het hom nie ondergekry nie.
ge-ondervind ondervind geondervind ondergevind
As ’n woord met ’n voorsetsel begin en die klem val nie op die voorsetsel nie, kry dit nie ’n "ge-" in die verlede tyd nie, byvoorbeeld "het ondervind".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Hierdie ingewikkelde werk kan net deur 'n ........ gedoen word.
kundige Kundige kindige Kindige
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “kundige”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Misdaad het 'n alledaagse verskynsel geword. 'n Sinoniem vir "alledaagse" in bostaande sin is ........
interessante kommerwekkende gewone besonderse
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "alledaags - gewoon", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo". Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)