29 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-01-2026 só ingevul:
Arnold en Janine beplan om hulle ........ op 'n tropiese eiland deur te bring.
wittebrood witbrood wit brood witte brood
Byvoeglike naamwoorde (soos "wit" of "warm") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "brood" of "kos") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het, vorm die twee begrippe 'n eenheid en word hulle dan vas as een woord geskryf. Die woord "wittebrood" is 'n vaste begrip wat ontstaan het deur die betekenisverdigting van die twee woordelemente "wit(te)" en "brood" tot die konsep van 'n 'huweliksreis' of 'vakansie ná 'n troue'.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Jenita is Ouma se fraaiste ........ fynste, stroopsoet poppie.
: , Geen leesteken nie ;
Sinne met 'n lys van byvoeglike naamwoorde kry kommas om ruspunte tussen die woorde aan te dui.
Sien ook die bladsy Komma.
Die ........ is 'n bergpas op die N1- nasionale pad in die Wes-Kaap.
hexrivierpas Hexrivier pas Hexrivierpas hexrivier pas
Eiename en plekname word met 'n hoofletter geskryf. Die vallei waar die pas loop het eers die "Exeriviervallei" geheet omdat twee riviere in die suide van die vallei in ʼn vorm van ʼn X bymekaar gekom het.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)