Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 15-01-2026 (vlak 3)



vorige toets 15 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-01-2026 só ingevul:



Wat word beoefenaars of kenners van die Hebreeuse taal genoem?
1 % (afgerond)slegs Hebraïkusse
84 % (afgerond)Hebraïci of Hebraïkusse of Hebraïste 
5 % (afgerond)slegs Hebraïste
10 % (afgerond)slegs Hebraïci

Die terme "Hebraïkus" en "Hebraïs" beteken albei 'beoefenaars of kenners van die Hebreeuse taal'. Beide "Hebraïci" en "Hebraïkusse" word as meervoudsvorme van "Hebraïkus" erken, terwyl die meervoud van "Hebraïs" deur die toevoeging van "-te" gevorm word.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die skape ........ nie graag vroegoggend nie.
98 % (afgerond)wei 
2 % (afgerond)wy
wui

Om tradisionele redes word hierdie diftong soms deur "ei" en soms deur "y" weergegee. Al is beide "wei" en "wy" Afrikaanse woorde, is "wei" die korrekte een in hierdie konteks.
Sien ook die bladsy Diftonge.



Daar is vandag heeldag 'n kragonderbreking in die buurt weens werk aan ........ .
1 % (afgerond)hoëspannings kragdrade
98 % (afgerond)hoëspanningskragdrade 
2 % (afgerond)hoë spanningskragdrade
hoë spannings-kragdrade

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "hoë"+ selfstandige naamwoord "spanning") en ʼn selfstandige naamwoord "kragdrade. Die "-s-" is 'n verbindingsklank. Ander voorbeelde sluit in "hoëhakskoen", "ekonomieseklaspassasier" en "tweedehandseboekwinkel".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Cornelia is met ........ en sal eers volgende Maandag op kantoor wees.
2 % (afgerond)siek verlof
3 % (afgerond)siekeverlof
53 % (afgerond)siekteverlof 
42 % (afgerond)siekverlof

Die korrekte Afrikaans vir die Engelse "sick leave" is "siekteverlof".
(Bron: AWS)
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties