Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 15-01-2026 (vlak 2)



vorige toets 15 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-01-2026 só ingevul:



Die inbreker het 'n ........ van verwoesting nagelaat.
Jy moet in jou ........ trap!
Die trein is nog veilig op ........ .
Watter groep woorde is poliseme wat in bogenoemde sinne sal pas?
1 % (afgerond)orkaan, tou, tyd
64 % (afgerond)spoor ; spoor ; spoor 
1 % (afgerond)merk ; skoene ; spoor
35 % (afgerond)pad ; spoor ; koers

Poliseme is woorde wat dieselfde klink en gespel word, waarvan die betekenis verskil, maar tog verwant is, byvoorbeeld "belang" (‘belangrikheid’) en "belang" (‘reg om te weet’).
Sien ook die bladsy Poliseme.



Die ........ student was ongeskik teenoor die professor.
1 % (afgerond)astrande
astrand
3 % (afgerond)astrant
96 % (afgerond)astrante 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("astrant"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



'n Joernalis by ........ het vanjaar die toekenning ontvang.
2 % (afgerond)Burger
12 % (afgerond)die Burger
1 % (afgerond)Die burger
86 % (afgerond)Die Burger 

"Beeld", "Rapport", "Volksblad" en "Die Burger" is publikasiename en word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Publikasiename.



Die sopraan het ʼn helder stem.
Wat is die woordsoort van "helder" in bostaande sin?

11 % (afgerond)predikatiewe byvoeglike naamwoord
41 % (afgerond)beskrywende byvoeglike naamwoord
2 % (afgerond)preskriptiewe byvoeglike naamwoord
46 % (afgerond)attributiewe byvoeglike naamwoord 

'n Attributiewe adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n helder stem”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die stem is helder".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties