Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-01-2026 (vlak 2)



vorige toets 14 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-01-2026 só ingevul:



'n Nuwe ........ word naby Die Baai gebou.
3 % (afgerond)motorvervaardigings aanleg
motor vervaardiging aanleg
1 % (afgerond)motorvervaardigings-aanleg
96 % (afgerond)motorvervaardigingsaanleg 

By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld “vervaardigingsaanleg”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”. Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Voedselsoorte wat ryk aan arginien is, sluit in ........ heelgraanprodukte, bruinrys, hawermout, sjokolade, karob, mielies, suiwelprodukte, rosyne, neute en sade.
23 % (afgerond)geen leesteken
71 % (afgerond): 
4 % (afgerond),
2 % (afgerond)-

Die dubbelpunt word onder meer gebruik wanneer ons 'n reeks dinge opnoem.
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.



Wat is die versamelnaam vir ganse in Afrikaans?
38 % (afgerond)'n snater ganse
13 % (afgerond)'n vlug ganse
12 % (afgerond)'n swerm ganse
38 % (afgerond)'n trop ganse 

Ganse, eende, beeste, koedoes, ensovoorts vorm saam-saam 'n trop. Ons kan ook 'n bietjie neerhalend verwys na 'n trop toeriste, studente, joernaliste, ensovoorts. In Engels staan dit bekend as "a gaggle of geese", hoewel Engelse versamelname selde in alledaagse geskrifte gebruik word.
Sien ook die bladsy Versamelname.



Die ........ is bekend vir haar hoë melkproduksie.
2 % (afgerond)vries
3 % (afgerond)Vries
28 % (afgerond)Fries
67 % (afgerond)fries of Fries 

Benamings van diererasse ("fries" of "Fries"), kultivars, plantvariëteite ens. kan met ’n hoofletter of ’n kleinletter begin (AWS 9.7b).
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties