13 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-01-2026 só ingevul:
Die ........ van die klooster Loccum het tydens die Reformasie die Lutherse geloofsbelydenis aangeneem sonder om hulle kloostergemeenskap te ontbind. https://af.wikipedia.org/wiki/Klooster
monnike monnikke monikke monniks
Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die vragmotor het ........ teen die motor gebots.
tromp op trom-pop tromp-op trompop
Die woord "trompop" beteken 'reg van voor' en word sonder 'n koppelteken geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Watter belangrike wêreldgebeurtenis het in 1914 uitgebreek?
Eerste Wêreldoorlog Eerste wêreldoorlog eerste wêreldoorlog eerste Wêreldoorlog
Die name van oorloë en veldslae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Meer as 800 atlete het aan die ........ deelgeneem.
slegs marathon marathon of maraton mareton of marethon slegs maraton
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "maraton – marathon"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meesal – meestal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)