16 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-12-2025 só ingevul:
Ek sal my nie deur julle dreigemente laat afskrik nie. Wat is die woordsoort van "afskrik" in bostaande sin?
voegwoord werkwoord selfstandige naamwoord bywoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Skeibare werkwoorde word in die verlede tyd met "-ge-" aangedui, byvoorbeeld 'afskrik - afgeskrik'.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die kind het met ........ sy pampoen geëet.
weer sin weer sen weersin weersen
ʼn Samestelling ("weersin") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("weer" en "sin") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Sibusisu praat meestal ........ as hy by familie gaan kuier.
Xhosa Khosa xhosa khosa
Taalbenamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Al die onderwysers en onderwyseresse saam by 'n skool noem ons die ........ .
personeel skare bataljon korps
'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Sien ook die bladsy Versamelname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)