3135 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 19 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-04-2024 só ingevul:



Die kinders het hulle ........ gedra.


skavlik
1 % (afgerond)skaavlik
9 % (afgerond)skaaflik
90 % (afgerond)skaflik 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die oorlewende het ........ die venster ontsnap en haar na veiligheid gehaas.


op
94 % (afgerond)deur 
6 % (afgerond)uit
in

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. 'n Mens ontsnap "aan" iets; lug ontsnap "uit" 'n houer maar iemand ontsnap "deur" 'n venster.

Sien ook die bladsy Kollokasies.




Dit is tyd dat die ........ rusie in die familie nou tot 'n einde kom.


5 % (afgerond)jaarlange
82 % (afgerond)jarelange
2 % (afgerond)jare-lange
11 % (afgerond)jare lange 

Woorde wat tydsduur of mate aandui ("jare") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("lange") word los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die merrie het laasnag 'n vul gehad.
Susan vul die beker met koue water.
Wat is die woordsoort van die woord "vul" in bostaande sinne?


6 % (afgerond)poliseem
2 % (afgerond)sinoniem
3 % (afgerond)antoniem
90 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “vul” (‘'n jong perd’) en “vul” (‘vol maak, vol stop').
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties