Die Afrikaans vir die Engelse "bachelor's party" is "ramparty" of "rampartytjie".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Die plaas Oudrif is 'n ........ .
koring-en-skaapplaas
koring en skaapplaas
koringenskaapplaas
koring- en skaapplaas
Indien ʼn woordgroep van meer as twee woorde (“koring, en, skaap, plaas”) in die geheel een saak benoem, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die woordgroep geskryf (AWS 12.19).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
"Burgemeesteres" is die vroulik van "burgemeester" en nié die vrou van die burgemeester nie.
Afrikaans besit die vermoë om tussen twee geslagte te onderskei, maar in die meeste gevalle word die manlike vorm (of indien moontlik die onsydige vorm) egter in publikasies gebruik.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)