3136 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-05-2024 (vlak 3)



vorige toets 06 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-05-2024 só ingevul:



Die Islamitiese Staat is besig om 'n ........ teen die Weste te voer.


2 % (afgerond)djeehad
68 % (afgerond)djihad 
2 % (afgerond)djehad
28 % (afgerond)jihad

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




Idioom: Met huitjie en ........ vandaan gaan.


2 % (afgerond)velletjie
87 % (afgerond)muitjie 
1 % (afgerond)buikie
10 % (afgerond)kruidjie

As jy sak en pak vertrek, sê ons in die idioom jy gaan met huitjie en muitjie vandaan.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die dokter het ........ by die pasiënt gediagnoseer na sy aanhoudende klagtes van maagkrampe.


16 % (afgerond)prikkelbare dermsindroom
1 % (afgerond)prikkelbare derm sindroom
80 % (afgerond)prikkelbaredermsindroom 
3 % (afgerond)prikkelbare derm-sindroom

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord, byvoorbeeld "prikkelbaredermsindroom", "breërandhoed" en "hoëhakskoen".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Ek sal jou môreoggend sesuur kom oplaai.
Wat is die woordsoort van "kom" in bostaande sin?


23 % (afgerond)koppelwerkwoord
2 % (afgerond)voorsetselwerkwoord
49 % (afgerond)hulpwerkwoord
26 % (afgerond)skakelwerkwoord 

'n Skakelwerkwoord skakel 'n hulpwerkwoord en hoofwerkwoord aan mekaar, byvoorbeeld:
Ek sal jou môreoggend sesuur "kom" oplaai.
Hy sal "probeer" om sy pap te eet.
Sy wou hom "help" om groente te kweek.


Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties