3155 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-05-2024 (vlak 3)



vorige toets 03 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-05-2024 só ingevul:



In die ........ het Oos-Duitsland geweldige ekonomiese groei beleef.


6 % (afgerond)post-koue oorlog-jare
72 % (afgerond)post-Koue Oorlog-jare 
10 % (afgerond)post Koue Oorlog jare
11 % (afgerond)post-koue-oorlog-jare

In samestellings waarin 'n eienaam voorkom, word die integriteit van die eienaam behou.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Hierdie sjokolade is tog te lekker!
Wat is die woordsoort van "te" in bostaande sin?


56 % (afgerond)partikel 
17 % (afgerond)voegwoord
16 % (afgerond)tussenwerpsel
11 % (afgerond)skakelwerkwoord

Partikels of deeltjies is kort woorde wat gewoonlik op hul eie geen betekenis het nie, byvoorbeeld die tweede “nie” in ’n sin, “se”, die “te” wat graad aandui, “van” wat ’n gedeelte aandui, “so” en “soos”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




'n Regiment is 'n ........ .


1 % (afgerond)eetplek vir soldate
voertuig vir soldate
98 % (afgerond)eenheid soldate 
1 % (afgerond)slaapsaal vir soldate

'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Sien ook die bladsy Versamelname.




Ons sal tydens die reses 'n besoek bring aan ........ Gumede.


32 % (afgerond)haar Edele Regter
9 % (afgerond)haar edele regter
30 % (afgerond)Haar Edele Regter
29 % (afgerond)Haar Edele regter 

Die dele van sekere geformaliseerde aanspreekvorme van hoogwaardigheidsbekleërs begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.




TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties