3155 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-05-2024 (vlak 1)



vorige toets 06 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-05-2024 só ingevul:



Linda en Damien het die saal pragtig vir die groot onthaal ........ .


1 % (afgerond)fersuur
2 % (afgerond)fersier
2 % (afgerond)versuur
95 % (afgerond)versier 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Dit het my ........ dat jy nooit toebroodjies saambring nie; wil jy een van myne hê?



10 % (afgerond)op geval
89 % (afgerond)opgeval 
1 % (afgerond)geöpval
geopval

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




ʼn ........ is al wat jy nodig het vir daardie seerplek; dit is nie so erg nie.



87 % (afgerond)Pleister 
7 % (afgerond)pleister
1 % (afgerond)plyster
4 % (afgerond)Plyster

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord “ ʼn” begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.




Die woord "wegtrek" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
Sal jy asseblief die gordyne wegtrek?
Wanneer ek wegtrek, sukkel ek bietjie met die koppelaar.


79 % (afgerond)homoniem 
6 % (afgerond)sinoniem
13 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)antoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "wegtrek" (‘oopmaak’) en "wegtrek" (‘begin ry’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties