08 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-05-2024 só ingevul:
Die ........ moes by vele spoggerige geleenthede optree.
attaché
attache
attachè
Die akuutteken word dikwels by woorde van vreemde herkoms gebruik.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.
Die ........ babadogtertjie is blakend gesond ná 'n suksesvolle operasie.
ses-week oue ses weke oue
sesweek oue
ses-weke-oue
Woorde wat tydsduur of mate aandui ("weke") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("oue") word los geskryf byvoorbeeld "16 maande lange", "ses weke lange" en "drie uur lange".
Sien ook die bladsy Samestellings.
Haar lewe spreek van ware ........ .
slegs godsvrug
godsvrug of Godsvrug
slegs Godsvrug
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Idioom: Die ........ wil slimmer wees as die hen.
wurm eier
kuiken
haan
Die uitdrukking "die eier wil slimmer wees as die hen" word gesê as 'n student sy/haar leermeester wil teregwys. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo.)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)