16 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-05-2024 só ingevul:
Die speurder probeer 'n ........ verloop van gebeure saamstel.
kronologiese
chroniese of kroniese
chronologiese chronologiese of kronologiese
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “chronologies – kronologies”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Dit wemel van die ........ in daardie huis.
kakkerlakens kakkerlakke
kakkerlaks
kakkerlakkens
Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1). Die "k" word verdubbel om die "a"-klank kort te hou.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die wyse manne uit ........ het geskenke gebring.
Die Ooste
die ooste
Die ooste die Ooste
Wanneer ons na die windrigting verwys, skryf ons "ooste" (byvoorbeeld "die wind waai uit die ooste"), maar wanneer ons na die geografiese streek verwys, skryf ons "die Ooste".
Sien ook die bladsy Plekname.
Daar is net ........ water oor en ons moet dit deel tussen twintig mense!
5-koppies 5 koppies
5koppies
Indien 'n maatnaamwoord wat hoeveelheid aandui deur 'n massanaamwoord (soos "grond/goud/sand") gevolg word, word die twee woorde los van mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Getalle.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)