28 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-10-2026 só ingevul:
Haar ........ gaan haar nog in die tronk laat beland!
bedrieëry bedriëery bedrie-ery bedrieery
Die funksie van 'n deelteken is om aan te dui dat twee vokale wat na mekaar volg nie as 'n diftong uitgespreek moet word nie, maar wel as twee verskillende klinkers. 'n Mens sou dus kon sê 'n deelteken verleen 'n ekstra lettergreep aan 'n woord.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die ........ was grootliks suksesvol.
ter tafellegging ter tafel legging tertafellegging tertafel legging
Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-ing") wat 'n woordgroep ("ter tafel lê") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Ek moet die ........ om drieuur gaan spreek.
slegs Professor slegs proffessor slegs professor Professor of professor
Indien 'n eienaam in 'n aanspreek- of aanhefvorm bygevoeg word, begin die aanspreek- of aanhefvorm met 'n kleinletter (AWS 9.5). Waar sulke vorme nie as aanspreekvorme gebruik word nie, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die idioom: "Hy het ʼn bek soos ʼn skeermes", beteken ........ .
skerp tande hê onaantreklik wees glad geskeer wees wel ter tale wees
Die idioom "ʼn bek soos ʼn skeermes hê", beteken dat iemand taal goed kan gebruik, of baie skerp is. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)