20 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-10-2026 só ingevul:
Ons moet hierdie oorwinning met 'n glasie sjampanje ........ .
vuur vier fuur fier
Jy "vier" iets wanneer jy gelukkig is oor iets, en jy is vol trots wanneer jy "fier" en regop loop.
Sien ook die bladsy Homofone.
Wat word beoefenaars of kenners van die Hebreeuse taal genoem?
slegs Hebraïci Hebraïci of Hebraïkusse of Hebraïste slegs Hebraïkusse slegs Hebraïste
Die terme "Hebraïkus" en "Hebraïs" beteken albei 'beoefenaars of kenners van die Hebreeuse taal'. Beide "Hebraïci" en "Hebraïkusse" word as meervoudsvorme van "Hebraïkus" erken, terwyl die meervoud van "Hebraïs" deur die toevoeging van "-te" gevorm word.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die naam van die streek in die oostelike deel van die Tuinroete tussen Knysna en Humansdorp is ........ .
Tsitsikamma tsietsikamma Tsietsiekama tsitsikama
Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.
'n Sinoniem vir die woord "dybeen" is ........ .
viemur vemur femur fiemur
Sinonieme is verskillende woorde ("dybeen" en "femur") wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)