20 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-10-2026 só ingevul:
Annemarie het haar rugsak ........ , oor haar skouer geswaai en op die laaste nippertjie op die wagtende trein gespring.
vas gegespe vasgespe vasgegespe gevasgespe
By skeibare werkwoorde (bv. "vasgespe"; skeibaar omdat dit ook as "gespe ... vas" geformuleer kan word), word die verledetydsmerker "ge-" nie vooraan die werkwoord nie, maar wel tussen die twee woordelemente geplaas.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
'n Regsgeleerde wat namens sy kliënt in 'n hoër hof optree, noem ons 'n ........ .
advokado advokaat advokaad advocaat
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Vandat ek verlede jaar in Taiwan was, is ek mal oor ........ kos.
Taise Thaise Taiwannese Taiwanese
Iets wat afkomstig is van Taiwan is Taiwannees of Taiwans. Iemand wat van Taiwan kom, is 'n Taiwanner of Taiwannees. As iets van Thailand kom, is dit Thais.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Die weer is vanjaar baie wispelturig - dan is dit warm; dan is dit koud. 'n Sinoniem vir "wispelturig" in bostaande sin is ........ .
standvastig konstant mooiweer veranderlik
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "wispelturig - veranderlik", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)