1751 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 16 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-10-2026 só ingevul:



Die boer op ons buurplaas het pas 'n nuwe ........ gekoop om sy aartappels mee te sorteer.
1 % (afgerond)sorterder
sorteedder
sorteder
99 % (afgerond)sorteerder 

In geslote lettergrepe (soos in die woord “sorteerder”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Idioom: Die muggie uitsif, maar die ........ insluk.
8 % (afgerond)ooievaar
17 % (afgerond)reier
10 % (afgerond)perd
65 % (afgerond)kameel 

Die idioom "die muggie uitsif, maar die kameel insluk" beteken dat jy iemand anders se klein foutjie veroordeel, maar self 'n groot sonde skaamteloos begaan het.
Die Engels is: "Strain at a gnat and swallow a camel".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die koshuiskinders het 'n mooi ........ om op te speel.
1 % (afgerond)skoon-veld
66 % (afgerond)skoon veld 
33 % (afgerond)skoonveld

In die letterlike betekenis word "skoon veld" los geskryf, maar wanneer iets "skoonveld" ('weg') is, of die "skoonveld" in gholf, word dit vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Toe ons in Egipte was, het ek my aan die ........ verwonder.
19 % (afgerond)reusepiramiedes
reusepiramiedens
7 % (afgerond)reusepiramide
74 % (afgerond)reusepiramides of reusepiramiede  

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "piramide – piramied", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties