16 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-10-2026 só ingevul:
Wat noem ons iemand wat van Nieu-Seeland kom?
Seelander Seelandiaan Nieu-Seelandiaan Nieu-Seelander
'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Ek het ʼn ........ nag beleef en nie veel geslaap nie.
rusteloos rusteloose rustelose
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("rusteloos"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die beeste was ........ ná die droogte.
brantmaar brandmaer brand maar brand maer
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
'n Mens moet vergoed word vir jou dienste. Wat is die woordsoort van "vergoed" in bostaande sin?
bywoord voegwoord selfstandige naamwoord werkwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "vergoed", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)