24 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-09-2026 só ingevul:
Ek wil liewer nie daar werk nie; daar's te veel ........ .
kaatjies van die baan kaatjies van die bane katjies van die baan kaatjie van die bane
In die idioom "kaatjie van die baan" is "kaatjie" die kern en neem dus die meervoud: "kaatjies van die baan".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Benita wil graag 'n engel op haar enkel laat ........ .
tatoeheer tatoeeer tatoeëer tatoeër
Die deelteken word in sommige Afrikaanse simplekse en afleidings gebruik waarin daar twee of meer aangrensende vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort. Die deelteken dui hier die begin van 'n nuwe lettergreep aan.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Ná 'n ........ soektog is wrakstukke van die vliegtuig uiteindelik gevind.
16-maand lange 16 maand lange 16 maande lange 16-maande-lange
Woorde wat tydsduur of mate aandui ("maande") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("lange") word los geskryf, byvoorbeeld "16 maande lange", "vier weke lange" en "drie ure lange".
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die sakeman het 'n ........ aangestel om een van sy werknemers te ondersoek.
privaat speurder privaatspeurder privatespeurder
Die woord "privaat" of "private" is 'n adjektief of byvoeglike naamwoord. Adjektiewe beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “privaat” sektor. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “privaat”, “meer privaat”, “die privaatste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)