10 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-09-2026 só ingevul:
'n ........ staan aan die hoof van 'n nonneklooster.
Abin Abbot Abbes Abdis
Die vroulike ekwivalent van "ab" ('die owerste van 'n monnikeklooster of -orde'; Engels 'abbot') is "abdis" (Engels 'abbess').
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Die bestaan wat hulle op die plot voer, is maar baie ........ .
virsukkild versukkild virsukkeld versukkeld
Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe, hier in die voorvoegsel "ver-".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die verdagte ry 'n blou ........ .
vier-deur-Ford vierdeur Ford vier deur Ford vierdeur-Ford
In 'n eienaamverbinding as soortnaam wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("vierdeur") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Ford"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
Die gebruik van ........ as gevegstrategie is ook tydens die Anglo-Boereoorlog ingespan.
gorillavegters guerrillavegters guerilavegters gorilavegters
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. In Spaans beteken "guerrilla" 'klein oorloggie'.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)