1796 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-09-2026 (vlak 2)



vorige toets 10 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-09-2026 só ingevul:



Christoff werk al jare in die ........ .
49 % (afgerond)privaatsektor
3 % (afgerond)private sektor
5 % (afgerond)privaat sektor
43 % (afgerond)privaat sektor of private sektor 

"Privaat" is 'n byvoeglike naamwoord en word in die reël los van 'n selfstandige naamwoord geskryf. "Privaatreg" is 'n uitsondering.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



Die onderwyser het die leerders oor hul swak eksamenuitslae ........ .

52 % (afgerond)skrobbeer of geskrobbeer 
6 % (afgerond)geskrobeer of geskrobbeer
29 % (afgerond)geskrobbeer
12 % (afgerond)skrobbeer

By woorde wat uit twee lettergrepe bestaan en op "-eer" eindig, is die "ge-" in die verledetydsvorm opsioneel. (AWS 17.3).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die beginsels wat ons ouers vir ons geleer het, is alles ........ .
27 % (afgerond)slegs bybels
37 % (afgerond)Bybels of bybels 
36 % (afgerond)slegs Bybels

Afgeleide byvoeglike naamwoorde van eiename kan met 'n hoofletter of kleinletter geskryf word.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Ek wil nie vandag gaan werk nie.
Die eerste "nie" in bostaande sin is 'n bywoord, watter woordsoort is die tweede "nie"?
20 % (afgerond)bywoord
2 % (afgerond)werkwoord
20 % (afgerond)adjektief
58 % (afgerond)partikel 

Partikels of deeltjies is kort woorde wat gewoonlik op hul eie geen betekenis het nie, byvoorbeeld die tweede “nie” in ’n sin, “se”, die “te” saam met ‘om te’, “van” wat ’n gedeelte aandui, “so” en “soos”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
48% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties