10 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-09-2026 só ingevul:
Ons het in die kleuterskool leer ........ speel.
eenbeenkie een beenkie een beentjie eenbeentjie
Telwoorde (soos "een") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "been") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Die ........ arteries voorsien suurstof en voedingstowwe aan die hartspier.
koronere koronerre koronêre koronêrre
Die kappie word gebruik op klinkers in lang, oop lettergrepe om die klank te rek, byvoorbeeld "koronêr", "sê", "hê" en "môre".
Sien ook die bladsy Kappie.
Idioom: Die mure het ........ .
ore hande voete neuse
Die idioom "die mure het ore" beteken 'dit is gevaarlik om te veel te sê'. Dit kom moontlik van die agterdogtige Franse koningin, Catherine de Medici, wat glo met buise in die mure gesprekke afgeluister het. (Bron: Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die wêreld se tweede grootste kontinent is ........ .
slegs afrika afrika of Afrika slegs Afrika
Geografiese name, byvoorbeeld name van kontinente, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)