09 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-09-2026 só ingevul:
Ek dink jy het my ........ ; ons het twee pizzas bestel, nie 20 nie.
mis-verstaan misverstaan mis verstaan
ʼn Samestelling (“misverstaan”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“mis” en “verstaan”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Sal jy asseblief vir my hierdie dokumente ........ ?
kopiëer kopieër kopieer
Woorde wat op “-ieel”, “ieer” en “ieet” eindig, kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.2).
Sien ook die bladsy Deelteken.
Idioom: 'n ........ vlieg niemand in die mond nie.
Gebraaide hoender Skaapboud Melktert Sjokoladekoek
Die idioom "'n gebraaide hoender vlieg niemand in die mond nie" beteken ''n mens moet jou inspan om iets te kry'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die woord "askeet" word gebruik om te verwys na ........ .
ʼn lid van ʼn geheime Roomse organisasie ʼn lid van ʼn uitgestorwe beskawing iemand wat vol skete is iemand wat hom/haar weerhou van enige liggaamlike genietinge
Askese is die beoefening van onthouding van enige sinlike genot en kom byna in alle godsdienste voor. Iemand wat rein en vroom lewe, voer dus ʼn asketiese bestaan. (Bron: WAT)
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)