1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-08-2026 (vlak 2)



vorige toets 21 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-08-2026 só ingevul:



Jongmense wat in graad 11 is, lê tradisioneel ........ van geloof af.
2 % (afgerond)belydenes
93 % (afgerond)belydenis 
1 % (afgerond)beleidenes
5 % (afgerond)beleidenis

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "y" en "ei".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Meer as 15 werkers het gehelp om die slagoffers ........ veiligheid te bring.

4 % (afgerond)in
34 % (afgerond)in of na 
59 % (afgerond)na
3 % (afgerond)tot

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Iemand (iets) word "in" of "na" veiligheid gebring, maar iets kan "met" veiligheid gedoen word.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die laaste ........ in Johannesburg het onlangs gesluit, aangesien mense verkies om by die huis te fliek.
5 % (afgerond)inry teater
94 % (afgerond)inryteater 
1 % (afgerond)in ry-teater
1 % (afgerond)in ry teater

ʼn Samestelling (“inryteater”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“in”, "ry" en “teater”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ons sal ........ die partytjie bywoon.
ver seker
38 % (afgerond)vir seker 
42 % (afgerond)verseker
20 % (afgerond)virseker

Die woord "verseker" is 'n werkwoord en beteken 'gerusstel' of 'belowe'. Die woordgroep "vir seker" beteken 'sonder twyfel' of 'beslis'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties