1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 20 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-08-2026 só ingevul:



Daar is maar weinig kos in ons kaste, maar ons het al voorheen ........ gehad.
weinigger
8 % (afgerond)weiniger
91 % (afgerond)minder 
geringer

Die trappe van vergelyking van "weinig" is "minder" en "minste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Ena Jansen het repliek gelewer op die ........ in die akademiese joernaal.
artikil
99 % (afgerond)artikel 
1 % (afgerond)artiekel
artiekil

Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die maatskappy fokus veral op ........ .
90 % (afgerond)huis-tot-huis-verkope 
2 % (afgerond)huis tot huis-verkope
3 % (afgerond)huis tot huisverkope
5 % (afgerond)huis- tot huisverkope

Indien 'n woordgroep van drie of meer woorde wat op sigself nie gekoppel word nie, in 'n samestelling optree saam met 'n bykomende woord of woorde, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder 'n koppelteken vas aan die res geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Hy is eintlik 'n baie koppige man.
'n Antoniem vir "koppige" is:
79 % (afgerond)inskiklike 
1 % (afgerond)onnosele
1 % (afgerond)intelligente
19 % (afgerond)vasberade

As iemand nie koppig is nie, is hy/sy inskiklik, bereidwillig, gewillig, welwillend of tegemoetkomend.
Sien ook die bladsy Antonieme.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties