20 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-08-2026 só ingevul:
Ek sal ’n tjek vir betaling moet ........ .
aan vra aanvra aanvraag aan vraag
ʼn Samestelling ("aanvra") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("aan" en "vra") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Jy gaan ........ 'n beter plek as Beter Afrikaans kry om jou Afrikaanse kennis te verryk nie.
nêrens nerens
Die kappie word gebruik om die klank van 'n vokaal te rek.
Sien ook die bladsy Kappie.
Ek het nou net 'n onderonsie met Zelda gehad; sy is 'n regte ........ .
geitjie sonbesie hennetjie koringkriek
'n Geitjie is 'n vrou met 'n skerp tong. In Engels is dit 'n "shrew" ('skeerbekmuis').
........ mag nie sonder hul ouers se toestemming eiendom koop of in die huwelik tree nie.
Minderjariges minderjariges Minderjarigens minderjarigens
Die eerste woord van ʼn sin ("Minderjariges") begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)