19 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-08-2026 só ingevul:
Sydney is die hoofstad van die Australiese deelstaat ........ .
Nieu Suid-Wallis Nieusuidwallis Nieu Suid Wallis Nieu-Suid-Wallis
In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat 'n onselfstandige woorddeel is, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die hoofelement vas geskryf. Ander voorbeelde sluit in: "Nieu-Seeland", "Tsjeggo-Slowakye" en "Belo-Rusland". (Bron: AWS 12.31)
Sien ook die bladsy Plekname.
Die Nederlandse Mata Hari was 'n bekende ........ wat vir Frankryk en Duitsland gewerk het.
speöen spion spioen spiöen
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “spioen”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Idioom: Klein begin, aanhou ........ .
win besin begin bemin
Die idioom "klein begin, aanhou win", beteken 'volharding bring sukses, al is die begin nietig'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
........ is ná 'n brand weer vir verkeer oopgestel.
Sir Lowryspas Sir Lowry'spas Sir Lowry se pas Sir Lowry's Pas
Die bekende bergpas tussen Somerset-Wes en Grabouw in die Wes-Kaap is vernoem na die eertydse goewerneur Sir Lowry Cole. Anders as in Engels word Sir Lowryspas nie met 'n afkappingsteken in Afrikaans geskryf nie.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)