Daar was vanmôre sowat ........ mense in die kerk.
honerd honderd honnerd
Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die “n” en die “d” in “honderd”) eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.
Pieter is 'n regte ou ........ .
Plaasjapie Plaas Japie plaas-Japie plaasjapie
Iemand wat van die plaas af kom, word 'n "plaasjapie" genoem.
Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.
Paddas en salamanders is ........ , wat in die water en op die land lewe.
amfibië amfiebië amfiebieë amfibieë
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "amfibie" kom van die Griekse "amfi" + "bios" wat 'lewe' beteken. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)