1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 17 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-08-2026 só ingevul:



Die ........ is dikwels ʼn moeilike tyd in ʼn jong mens se lewe.
6 % (afgerond)adollessensie
34 % (afgerond)adolesensie
adolesennsie
60 % (afgerond)adolessensie 

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “adolessensie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



Ons katjie is vir 'n haas so bang soos 'n bok vir 'n ........ .
9 % (afgerond)sambok
12 % (afgerond)vangriem
74 % (afgerond)skoot hael 
5 % (afgerond)knyptang

Hierdie vergelyking beteken 'om baie bang te wees'.
Sien ook die bladsy Vergelykings.



Mosambiek het voorheen bekend gestaan as ........ .
42 % (afgerond)Portugees Oos-Afrika
1 % (afgerond)Portugees Oos Afrika
57 % (afgerond)Portugees-Oos-Afrika 
Portugeesoosafrika

In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat die onverboë vorm van 'n byvoeglike naamwoord is wat normaalweg 'n attributiewe "-e" neem, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die hoofelement vas geskryf.
Ander voorbeelde sluit in: "Ekwatoriaal-Guinee", "Spaans-Noord-Afrika" en "Brits-Columbië". (Bron: AWS 12.31)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Hoe word "push notifications" in die rekenaarwese in Afrikaans vertaal?
61 % (afgerond)Aanstuurkennisgewings 
3 % (afgerond)Stampkennisgewings
8 % (afgerond)Stootkennisgewings
28 % (afgerond)Drukkennisgewings

'n Aanstuurkennisgewing word deur die vervaardiger van byvoorbeeld 'n mobiele toepassing na jou slimfoon aangestuur. Microsoft gebruik ook hierdie vertaling vir "push notification".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties