14 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-08-2026 só ingevul:
Die woord "sus" in die volgende sinne is 'n ........ . My sus het hierdie boek vir my present gegee. Die ma sus die baba aan die slaap.
mononiem sinoniem homofoon homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “sus” (‘verkorting van suster’) en “sus” (‘laat bedaar’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
In die ou dae het ons ........ op ons hande gekry as ons nie ons toonlere geoefen het nie.
hous houens houë houe
Woorde wat op ’n tweeklank eindig, kry "-e" in die meervoud (AWS 13.4)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Idioom: As die ........ dik is, is die meel bitter.
muis koek kat poeding
Hierdie idioom kom uit die Duits: "Wenn die Maus satt ist, schmeckt das Mehl bitter." Dit beteken 'as iemand genoeg geëet het, is die kos nie meer lekker nie'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die leeu het die bok verskeur. Wat is die woordsoort van "verskeur" in bostaande sin?
voegwoord werkwoord selfstandige naamwoord bywoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "verskeur", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)