1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 12 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-08-2026 só ingevul:



Die volgende jeugorkeste gaan aan die kompetisie deelneem: ........ , Penkoppe, Klitsgrassies en die Haak-en-steekorkes.
21 % (afgerond)Stokkiesdraaiboere-orkes
1 % (afgerond)stokkiesdraaiboere-orkes
76 % (afgerond)Stokkiesdraaiboereorkes 
2 % (afgerond)stokkiesdraaiboereorkes

Wanneer 'n sinsdeel na 'n dubbelpunt deel van die hoofsin is, begin dit met 'n kleinletter, tensy die beginwoord na die dubbelpunt 'n persoons- of eienaam is. Persoons- en eiename begin altyd met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.



Navorsing is gedoen met die ........ of Hess soos dit algemeen bekend staan.
9 % (afgerond)hoë-energie stereoskopiese -stelsel
45 % (afgerond)hoë-energie stereoskopiese stelsel of hoë energie- stereoskopiese stelsel
11 % (afgerond)hoë energie-stereoskopiese stelsel
34 % (afgerond)hoë-energie- stereoskopiese stelsel  

Volgens die jongste AWS (2017) is die koppelteken by afstandsamestellings verpligtend, byvoorbeeld - "hoë-energie- stereoskopiese stelsel" (AWS 12.24).
In hierdie geval is die koppelteken tussen "hoë" en "energie" ook opsioneel aangesien die weglating daarvan geen leesbaarheidsprobleme veroorsaak nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



'k ........ , solank ek leef, my psalme vrolik toewy aan sy lof.

40 % (afgerond)Sal 
19 % (afgerond)sal of Sal
42 % (afgerond)sal

In navolging van die onbepaalde lidwoord "'n", indien die eerste woord van 'n sin met 'n afkappingsteken begin, word dié woord met 'n kleinletter geskryf en kry die daaropvolgende woord 'n hoofletter.

Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Idioom: Dis ........ om te gee as om te ontvang.
70 % (afgerond)saliger 
1 % (afgerond)grootmoediger
29 % (afgerond)beter
liefdevoller

Die idioom "dis saliger om te gee as om te ontvang", beteken 'dit gee meer bevrediging om ander te help as om self gehelp te word'.
(Bron: Spreekwoord - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
55% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties