11 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-08-2026 só ingevul:
Die skilder het besluit om slegs die vrou se ........ in sy skildery te gebruik.
silhoeet silhoeëet silhoët silhoeët
Die deelteken word in sommige Afrikaanse simplekse en afleidings gebruik waarin daar twee of meer aangrensende vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort. Die deelteken dui hier die begin van 'n nuwe lettergreep aan.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Wat is die meervoud van "kolonel-generaal"?
kolonels-generale kolonelle-generaal kolonels-generaals kolonels-generaal
'n "Kolonel-generaal" is 'n spesifieke soort kolonel en daarom word die meervoud op "kolonel" gevorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
........ is die hoofstad van die Franse streek ('région') Elsas.
Strassburg Strasbourg Straatsburg
Sommige buitelandse plekname word verafrikaans, soos byvoorbeeld "Straatsburg", die hoofstad van die Franse streek Elsas. Die Franse naam van hierdie stad wat histories ook vir lang periodes aan Duitsland behoort het, heet "Strasbourg". Die Duitse weergawe daarvan is "Strassburg" of "Straßburg". (Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Straatsburg)
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)