1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-08-2026 (vlak 2)



vorige toets 11 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-08-2026 só ingevul:



Ferdi is die ........ lid van die gemeente.
96 % (afgerond)aktiefste 
4 % (afgerond)mees aktiefste
meer aktiefste

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “aktief”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “aktiewer” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die aktiefste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Ek sal jou gul ........ sodra jy met die werk klaar is.
1 % (afgerond)virgoed
1 % (afgerond)vir goed
ver goed
98 % (afgerond)vergoed 

Homofone is woorde wat dieselfde uitgespreek word, maar verskillend gespel word en verskillende betekenisse het.
"Vir goed" is wanneer iemand byvoorbeeld "vir goed" klaar is met iets (om dit vir altyd af te lê), terwyl "vergoed" beteken 'beloon' of 'betaal'.
Sien ook die bladsy Homofone.



Die eerste Suid-Afrikaner wat ʼn hart suksesvol oorgeplant het, is ........ .

Chris Barnat
99 % (afgerond)Chris Barnard 
Kris Barnat
Kris Barnard

Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Ons almal het hom gewaarsku; ........ het hy alleen gaan stap.
1 % (afgerond)daarom
3 % (afgerond)derhalwe
94 % (afgerond)nietemin 
2 % (afgerond)inteendeel

Die voegwoordelike bywoord "nietemin" beteken dieselfde as 'nogtans', 'hoe dit ook al sy' en 'desnieteenstaande'. Die kommapunt word voor die voegwoordelike bywoorde "daarom", "derhalwe", "dus", "gevolglik", "inteendeel", "nietemin", "nogtans" en "tog" gebruik.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
97% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties