10 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-08-2026 só ingevul:
ʼn Mens kan ........ op hom staatmaak.
deurgans deur-gaans deur gans deurgaans
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "deurgans" wanneer hulle eintlik "deurgaans" bedoel.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Johan is so ʼn ........ heer; hy het die mooiste maniere.
gelant galante gelante galant
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("galant"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die leier van die SAKP is ’n bekende ........ .
kommunis Kominis kominis Kommunis
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "kommunis", "professor", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Ons dorp gaan gebuk onder 'n ........ aan water.
gebrek gebreek gebrêk gebrëk
Die selfstandige naamwoord van die werkwoord "gebreek", is "gebrek" en kry geen skryftekens nie, omdat die klank nie gerek word nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)