0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 06 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-08-2026 só ingevul:



Die weermag het vanjaar vyf nuwe ........ ingehuldig.
5 % (afgerond)adjudant-generale
4 % (afgerond)adjudants-generaal
54 % (afgerond)adjudant-generaals
37 % (afgerond)adjudante-generaal 

Die laaste lid van saamgestelde rangbenamings kry die meervoudsvorm, byvoorbeeld "generaal-majoors", "sersant-majoors" (AWS 13.12). In hierdie geval is die rang "adjudant", terwyl "generaal" 'algemeen' beteken.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Belgrado is die hoofstad van ........ .
10 % (afgerond)Serbië
86 % (afgerond)Serwië 
1 % (afgerond)Serbia
2 % (afgerond)Servia

Onder die invloed van Engels word "Serwië" dikwels verkeerdelik as "Serbië" uitgespreek. Hierdie klankverwarring word verder aangehelp deurdat beide die klanke [v] en [b] stemhebbend is en so te sê op dieselfde plek in die mond voortgebring word ([v] labio-dentaal en [b] bilabiaal). Hulle verskil slegs beduidend t.o.v. wyse van artikulasie, deurdat [v] 'n frikatief en [b] 'n eksplosief is.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Menige ........ is ingedien.
7 % (afgerond)laat-aansoeke
24 % (afgerond)laataansoek
37 % (afgerond)laat aansoek 
32 % (afgerond)laataansoeke

Die kwantifiseerder "menige" kombineer met telbare selfstandige naamwoorde in die enkelvoud, byvoorbeeld "menige mens/restourant/hond". Dit is foutief om te sê "menige jare" (meervoud), of "menige polisie" (ontelbaar).
Die frase "laat aansoek" bestaan uit 'n byvoeglike naamwoord ("laat") en selfstandige naamwoord ("aansoek"). Anders as in die geval van byvoorbeeld "laatlammetjie" is daar nie sprake van betekenisverdigting nie en dus geen rede om dit vas te skryf nie.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die ........ van die koshuis sê die brand het omstreeks twee-uur die oggend uitgebreek.
20 % (afgerond)bewoners 
woners
80 % (afgerond)inwoners

Die woorde "bewoner" en "inwoner" is semanties baie na aan mekaar. 'n Duimsuigreël wat gebruik kan word, is om te sê dat 'n inwoner dikwels een of ander amptelike status binne 'n spesifiek begrensde geografiese gebied het, byvoorbeeld 'n inwoner van 'n land, provinsie of stad. Vir die meeste ander gevalle gebruik 'n mens "bewoner". 'n Mens sal dus praat van "eilandbewoners", maar "inwoners van die Maledive". Bron: https://onzetaal.nl/taaladvies/advies/bewoner-inwoner
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
45% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties