0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-08-2026 (vlak 1)



vorige toets 06 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-08-2026 só ingevul:



Baie inheemse mense bring gereeld hulde aan hul ........ .
1 % (afgerond)voor vaders
99 % (afgerond)voorvaders 
voor-vaders

ʼn Samestelling ("voorvaders") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("voor" en "vaders") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Wanneer ons koor sing, sê die afrigter altyd ons moet ons asemhaling met ons ........ beheer.
2 % (afgerond)diäfragmas
79 % (afgerond)diafragmas 
18 % (afgerond)diafragma’s
1 % (afgerond)diävragmas

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n "a" of ’n "o" voorafgegaan word deur ’n "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld "diafragma", "geolie" en "aktuaris". Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld "studie-eenheid" en "toe-eien".
Sien ook die bladsy Deelteken.



Haar ........ is erger as haar byt.
5 % (afgerond)gif
93 % (afgerond)blaf 
pik
1 % (afgerond)brul

Die uitdrukking "sy/haar blaf is erger as sy/haar byt", beteken ‘die persoon voer nooit sy/haar dreigemente uit nie’. Die Engelse weergawe van hierdie uitdrukking is, ‘his/her bark is worse than his/her bite’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die vyfde planeet vanaf die Son is ........ .
1 % (afgerond)jupiter
7 % (afgerond)jupiter of Jupiter
93 % (afgerond)Jupiter 

Die name van hemelliggame en sterrekundige stelsels begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties