0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-07-2026 (vlak 1)



vorige toets 30 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-07-2026 só ingevul:



Gee asseblief vir my die ........ aan. My hande is nou vol vet.
jammer-lappie
3 % (afgerond)jammerlapie
1 % (afgerond)jammer lappie
96 % (afgerond)jammerlappie 

ʼn Samestelling ("jammerlappie") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("jammer" en "lappie") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die tandarts sê ek moet ophou om op my tande te ........ .
knërs
9 % (afgerond)knêrs
91 % (afgerond)kners 

Die [ε]-klank in "kners" word nie gerek nie en kry dus nie 'n kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.



Elke pot het sy ........ .
handvatsel
1 % (afgerond)pan
99 % (afgerond)deksel 
stoof

Die idioom "elke pot kry sy deksel", beteken 'elkeen kry die maat wat by hom/haar pas'. (Bron: Spreekwoorde – Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



........ is ’n groot probleem in baie lande in Europa.
2 % (afgerond)vosse
96 % (afgerond)Vosse 
2 % (afgerond)Vose
vose

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties