0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-07-2026 (vlak 3)



vorige toets 29 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-07-2026 só ingevul:



Jy weet nie waar ons is nie, ........ ?
49 % (afgerond) 
19 % (afgerond)
32 % (afgerond)

Die bevestigingsvraagwoord "nè" word met 'n gravisteken geskryf.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.



Daar word later vanjaar 'n ........ in die land gehou.
1 % (afgerond)plaaslike owerheids verkiesing
4 % (afgerond)plaaslike owerheids-verkiesing
2 % (afgerond)plaaslike-owerheids verkiesing
93 % (afgerond)plaaslikeowerheidsverkiesing 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "plaaslike" + selfstandige naamwoord "owerheid") en ʼn selfstandige naamwoord "verkiesing". Die "-s-" is 'n verbindingsklank.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Schoemansville is langs die ........ .
34 % (afgerond)Hartebeespoortdam
61 % (afgerond)Hartbeespoortdam 
2 % (afgerond)Hartbeespoort Dam
3 % (afgerond)Hartebeespoort Dam

Geografiese name, byvoorbeeld die name van riviere en damme, begin met 'n hoofletter.
As gevolg van die "t" en "b" was langs mekaar staan, spreek mense dikwels die naam uit as "Hartebeespoortdam", maar die amptelike naam is "Hartbeespoortdam". Lees meer by: https://af.wikipedia.org/wiki/Hartbeespoortdam
Sien ook die bladsy Plekname.



Idioom: Die gebraaide ........ vlieg in haar mond.
14 % (afgerond)kuiken
25 % (afgerond)kalkoen
15 % (afgerond)gans
46 % (afgerond)eend of hoender 

Die idioom "die gebraaide eend/hoender vlieg in haar mond" beteken 'sy kry dinge sonder veel moeite reg'. In sommige bronne word "eend(e)" as korrek voorgehou, in ander "hoender(s)"; beide kan dus as korrek beskou word.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties