1881 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-07-2026 (vlak 3)



vorige toets 27 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-07-2026 só ingevul:



Eskom het aangekondig dat beurtkrag vandag tussen 10:00 en 22:00 ........ sal word.
93 % (afgerond)ingestel 
1 % (afgerond)uitgestel
6 % (afgerond)uitgevoer
opgevoer

'n Besluit of bevele word "uitgevoer". Die woord "instel" beteken 'aan die gang sit'.
(Bron HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Die Maleierkoor het almal tot trane ........ .
1 % (afgerond)verlei
89 % (afgerond)geroer 
3 % (afgerond)verbiggel
7 % (afgerond)gehad

Ons sê in Afrikaans jy "beweeg" of "roer" iemand tot trane wanneer jy iets doen om die persoon te laat huil.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die voorsitter word ........ benoem.
5 % (afgerond)vyfsjaarliks
5 % (afgerond)vyf jaarliks
84 % (afgerond)vyfjaarliks 
6 % (afgerond)vyf-jaarliks

Samestellende afleidings bestaan uit 'n voor- of agtervoegsel ("-liks") wat 'n woordgroep ("vyf jaar") saambind tot 'n woord (wat dan vas geskryf word).
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Die afkorting vir die "Internasionale Stelsel van Eenhede" is ........ .
2 % (afgerond)IE
2 % (afgerond)SI-E
55 % (afgerond)ISE
41 % (afgerond)SI 

SI is 'n akroniem vir die Internasionale Stelsel van Eenhede (uit Frans: Le Système International d'Unites). Dit is die moderne vorm van die metrieke stelsel en is die wêreld se mees gebruikte stelsel van meting in die alledaagse handel en wetenskap.
Sien ook die bladsy Akronieme.



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties