1881 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-07-2026 (vlak 3)



vorige toets 24 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-07-2026 só ingevul:



Die ........ is besig om die bedryf lam te lê.
39 % (afgerond)drie weke staking
6 % (afgerond)drieweekse staking
47 % (afgerond)drieweekstaking 
7 % (afgerond)drie week staking

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (telwoord "drie" + selfstandige naamwoord "week") en ʼn selfstandige naamwoord "staking".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die baan het die ruiters se vernuf tot die uiterste beproef.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val die woord "vernuf" in bostaande sin?

88 % (afgerond)abstrakte naamwoord 
versamelnaam
3 % (afgerond)eienaam
9 % (afgerond)soortnaam

Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "vernuf", "godsdiens", "liefde" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Idioom: Gekrulde hare, gekrulde ........ .
51 % (afgerond)sinne 
13 % (afgerond)vingers
23 % (afgerond)tone
13 % (afgerond)skrif

Hierdie idioom beteken 'mense met krulhare is ligsinnig van geaardheid'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die hoofstad van Ghana is ........ .
9 % (afgerond)slegs Accra
16 % (afgerond)slegs Akkra
59 % (afgerond)Akkra of Accra 
15 % (afgerond)Akra of Acra

Sommige plekname word verafrikaans. In die geval van die hoofstad van Ghana word albei spellings "Akkra" en "Accra" erken. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname is agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties