24 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-07-2026 só ingevul:
Die woorde "rand" en "rant" in die volgende sinne is ........ . Hoeveel rand het ek nodig om die trui te koop? Hulle stap al langs die rant van die berg.
sinonieme homonieme antifone homofone
Die woorde "rand" en "rant" is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het. Die woord "rand" verwys na die Suid-Afrikaanse geldeenheid en die woord "rant" verwys na heuwels, ’n koppie of ’n rotsagtige hoogte.
Sien ook die bladsy Homofone.
Dewald is 'n regte ........ . Hy los die lig aan as hy gaan slaap.
waagals bangbroek waaghals bang broek
'n Bangbroek is iemand wat maklik bang word. 'n Waaghals is 'n onverskillige, roekelose persoon.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.
Julle sal my nie glo nie, maar die ........ ding het my oorgekom!
allervreeslikste aller-vreeslikste aller vreeslikste
Woorde met "aller-" word altyd vas geskryf, behalwe "in aller yl" wat ons van Nederlands geërf het.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Baie rugbyspelers verhuis na ........ .
Tokio Tokio of Tokyo Tokyo
Die AWS erken beide "Tokio" en "Tokyo" as spelling van die hoofstad van Japan.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)