26 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-06-2026 só ingevul:
Die unieke flora van die streek is van besondere belang vir die wetenskap omdat 'n ........ van fynbosspesies op 'n relatief klein gebied voorkom.
reuse verskeidenheid reus verskeidenheid reusverskeidenheid reuseverskeidenheid
Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
Ons wag dat die regering die plan moet implementeer. Wat is die woordsoort van "implementeer" in bostaande sin?
oorgangshoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord gangbare hoofwerkwoord
In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die regering moet 'n plan implementeer. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Idioom: Onder die ........ van die nag.
donkerte beskerming duisternis sluier
Die idioom "onder die sluier van die nag", beteken 'onder die bedekking van die donker'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die barmhartige ........ het 'n edel daad verrig.
slegs samaritaan Samaritaan of samaritaan slegs Samaritaan
Iemand wat in Samaria gewoon het, is 'n "Samaritaan" (met hoofletter). In die uitdrukking "barmhartige samaritaan" het die woord "samaritaan" verbleek om 'n algemene betekenis te kry (dit verwys nie na iemand wat in Samaria gewoon het nie) en word dus met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)