16 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-06-2026 só ingevul:
Hannes het onlangs as ........ gekwalifiseer met 'n verhandeling oor die selakant.
mariene bioloog marinebioloog marienebioloog marine bioloog
Die homofone "marine" en "mariene" word maklik met mekaar verwar of verkeerdelik as wisselvorme van mekaar gebruik, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word. Hulle behoort egter tot verskillende woordsoorte. Die woord "marine" (selfstandige naamwoord) beteken 'n 'seemag', terwyl "marien(e)" (byvoeglike naamwoord) die betekenis 'betreffende die see' dra.
Sien ook die bladsy Homofone.
Dit is die ........ rok wat ek nog ooit gesien het.
mees perse persste perste mees pers
Iemand wat van De Aar kom, word ʼn "De Aarer" of "De Aariet" genoem. Laasgenoemde volg dieselfde patroon as "Durbaniet", "Paarliet", "Ceressiet", ensovoorts. (Bron: Kempen, 1969; Anton Prinsloo in Volksblad)
Mense wat by 'n bank sake doen, word ........ genoem.
kliënte gebruikers verbruikers klante
Mense wat ’n ander persoon, maatskappy of organisasie se professionele diens of raad gebruik, is "kliënte"; mense wat (gereeld) by iemand, ’n winkel, ens. koop, is "klante". Mense wat goedere verbruik, word "verbruikers" genoem. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)