1987 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-06-2026 (vlak 2)



vorige toets 12 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-06-2026 só ingevul:



Ouderlinge en diakens moenie ........ wees nie, maar eerder vreedsaam na oplossings soek.

5 % (afgerond)twisgurig
93 % (afgerond)twisgierig 
1 % (afgerond)twisgiereg
1 % (afgerond)twisguurig

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “twisgurig” in plaas van die korrekte “twisgierig”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Idioom: Elkeen ........ sy vrou op sy eie manier.
9 % (afgerond)bekyk
65 % (afgerond)soen 
12 % (afgerond)komplimenteer
14 % (afgerond)groet

Hierdie idioom beteken 'elkeen het sy eie wyse van optrede'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ sal u bo-aan die bladsy vind.
6 % (afgerond)kontak besonderhede
1 % (afgerond)kontak-besonderhede
92 % (afgerond)kontakbesonderhede 

ʼn Samestelling (“kontakbesonderhede”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“kontak” en “besonderhede”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ek het hom jare laas gesien, maar toe ek hom weer sien, het ek hom dadelik ........ .
2 % (afgerond)erken
98 % (afgerond)herken 

Daar is 'n groot verskil tussen "herken" en "erken".
As jy iemand kan 'identifiseer', of 'uitken', dan "herken" jy hom.
"Erken" is wanneer jy iets 'bely' (erken dat jy 'n fout gemaak het). "Erken" kan ook wees wanneer jy iets 'opgemerk' het (goeie diens erken).
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties